Alfred Eisenstaedt

Alfred Eisenstaedt
Eisenstaedt onderteken in 1995 'n afdruk van sy bekende foto "V-J Day in Times Square".
Gebore(1898-12-06)6 Desember 1898
Dirschau, Wes-Pruise, Duitse Ryk (nou Tczew, Pole)
Sterf23 Augustus 1995 (op 96)
Oak Bluffs, Massachusetts, VSA
BeroepFotojoernalis
[[Lêer:{{{signature}}}|128px|class=skin-invert]]

Alfred Eisenstaedt (6 Desember 1898 - 23 Augustus 1995) was 'n Duits gebore Amerikaanse fotograaf en fotojoernalis. Hy het sy loopbaan voor die Tweede Wêreldoorlog in Duitsland begin, maar het bekend geword as 'n fotograaf vir die tydskrif Life nadat hy na Amerika verhuis het. Meer as 90 van sy foto's het op Life se voorblaaie verskyn, en meer as 2 500 van sy fotoreekse is gepubliseer.[1]

Onder sy bekendste foto's is die een van 'n verpleegster in 'n matroos se arms wat op 14 Augustus 1945 in New York geneem is terwyl die oorwinning oor Japan in die Tweede Wêreldoorlog gevier is.[2] Hy is verder veral bekend vir sy onvergeetlike foto's van belangrike mense in die nuus, asook vir sy steelfoto's wat hy met 'n klein 35 mm-Leica geneem het, meestal in natuurlike lig.[2]

  1. Hudson, Berkley (2009). Sterling, Christopher H. (red.). Encyclopedia of Journalism. Thousand Oaks, CA: SAGE. pp. 1060–1067. ISBN 978-0-7619-2957-4.
  2. 2,0 2,1 "Alfred Eisenstaedt, Photographer of the Defining Moment, Is Dead at 96". The New York Times. 25 Augustus 1995. Besoek op 21 Julie 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search